Kom kyk hoe lyk jou klein wonderwerk in 4D!

U het my gevorm,my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:- Psalms 139:13-14

Inligting

Hier word gewerk met baanbreker tegnologie. Die "Vinno 5 Portable Unit" het 'n 3D & 4D funksie en sy hoë resolusie verskaf pragtige beelde. Die Vinno 5 is 'n mobiele eenheid waarmee ek rond kan beweeg wat beteken dat ons julle wonderwerk selfs kan ontmoet in die gerief van julle eie huis. Sonar is slegs vir kosmetise doeleindes, nie om te diagnoseer nie.Vir mediese sonars kontak gerus Black n White Studio, 15A Groenpunt Weg, Upington.Die verskil tussen 3D & 4D sonar is dat 3D-beelde stilstaande beelde is, terwyl 4D-beelde mini-filmgrepe van u kind is. 4D voeg die "dimensie van tyd" by die vergelyking.

Wanneer is die beste tyd om 4D foto's te neem?
By First Glance neem ons tussen 26 en 32 weke 4D foto's. Die rede is dat die baba dan al mooi ontwikkel het en dat daar nog genoeg ruimte is om die kamera (probe) tussen die baba en die wand te plaas.
Dis nie te sê dat daar nie goeie foto's na 32 weke geneem kan word nie maar ons voel om teleurstelling te voorkom dat ouers nie later as 32weke moet kom nie.Voorbereiding vir 4D fotosessie
Trek 'n hemp aan wat gemaklik kan oplig en 'n broek wat maklik kan afskuif tot omtrent in die middel van jou heupe.
Eet of drink iets soet 20min voor die tyd, dit help die kans aan dat as die baba met sy/haar gesig weg van ons lê hy/sy moonlik van posisie kan verander sodat ons van voor kan sien.Kom met 'n vol blaas, sodat baba minder wegkruip plek het.As ons glad nie die baba se gesig kan sien nie, sal ons vra dat jy 'n kort draai gaan stap wat moontlik die baba se posisie kan verander.As ons nogsteeds nie reg kom nie sal ons 'n ander datum skeduleer.Pappa is welkom om die spesiale geleentheid by te woon.


Onthou voor die afspraak:
- Drink genoeg vloeistowwe
- Eet voor die afspraak
- Drink 'n glasie vrugtesap
- Dra los klere

Prys

- R550 vir 4D foto's ongeveer 45min
- R350 vir 2D foto's ongeveer 15min

Vrywaringsvorm

Lees gerus die vorwaringsvorm hier, aangesien dit geteken moet word voor die sessie begin.

Wie Is Ek?

My naam is Tanýa Basson, ek werk as aptekers assistent by Upington Apteek en het 'n groot passie vir mense.Met my swangerskap het ek gewens om my klein bondeltjie vreugde langer te kon sien as net tydens die nodige mediese sonars. Daarom het ek besluit om die geleentheid vir ander ouers te skep.By First Glance 4D Studio doen ek selektiewe sonars om die fisieke voorkoms soos die gesiggie, hande en voete van jou klein wonderwerk mooi af te neem vir aandenking. Geen mediese inligting sal deurgegee word nie, dis slegs vir die vermaak van die ouers.Kom leer ken jou bondeltjie liefde meer persoonlik.

Kontak

Kom ontmoet julle wonderwerk by my.

Baie dankie

Ons sal binnekort terugvoering gee.